ARE YOU READY FOR THE CLASH?

BUY YOUR TICKETS ONLINE!

TICKET SALES

Klub Rugby Statistiek en Uitslae 18 Mei 2019

Posted on Thursday, 20 May 2019

Klub Rugby Statistiek en Uitslae 18 Mei 2019
  • -  Die Shimlas se reuse-sege van 171-0 op 11 Mei 2019 oor Collegians oortref die vorige grootste sege van 140 – Shimlas klop Oud-Greys op 4/8/2011 op Shimlapark met 146-6. Die Shimlas se 25 drieë teen Collegians ewenaar ook hul Vrystaatse klubrekord van 25 drieë in 1996 teen die einste Collegians (Shimlas wen 141-5).


  • -  Justin Taylor (losskakel) se 54 punte op 11 Mei 2019 in ‘n klubwedstryd teen Collegians het Frikkie Naudé (heelagter) se 40 punte in 1973 teen Oud-studente oortref - wat die meeste punte was wat 'n Kovsie-rugbyspeler tot nóg toe vir die eerste span – Shimlas - aangeteken het - en wat 46 jaar gestaan het. Taylor se 54 punte oortref ook Edrich Krantz (48 punte – 1974) se algehele Vrystaatse klubrekord.  


  • -  Drie Shimlas - die Springbok-vleuels Jaco Reinach (8 drieë teen Collegians in 1985), Gerrie Germishuys (7 drieë in 1973 teen Oud-studente) en Edrich Krantz (7 drieë in 1977 teen die BOK) - spog met die prestasie dat hulle die meeste drieë tot nóg in 'n Vrystaatse klubwedstryd aangeteken het. Johannes Klinck (Irawas-senter) se 5 drieë op 4/5/2019 teen Collegians was die 25ste keer dat ‘n speler in ‘n Vrystaatse klubwedstryd 5 drieë of meer gedruk het.



Meeste punte in ‘n wedstryd

(+35)


Spelers wat meer as 35 punte in ‘n wedstryd aangeteken het, is:


54 – Justin Taylor (Shimlas tn Collegians – 11/5/2019).

48 - Edrich Krantz (UOVS o.20 tn Glen o.20 - 22/4/74).

44 - Edrich Krantz (UOVS o.20 tn Uitenhage-Collegians o.20 - 24/4/73).

42 - Ernest Viljoen (Weermag t Oud-Greys - 17/4/82).

42 - Frikkie Naudé‚ (Collegians t Oud-studente - 9/7/77).

40 - Frikkie Naudé (Shimlas t Oud-studente - 19/6/73).

40 - Hottie Barnard (Schoemanpark t Ramblers - 5/7/80).

40 - WJ Visagie (Shimlas t Collegians - 22/4/95).

38 - André Fourie (Shimlas t Oud-studente - 23/5/92).

37 - Dolf van Rensburg (Oud-studente t Oud-skoliere - 12/3/94)

36 – André Joubert (Oud-Greys t Oud-studente - 10/8/91).

36 – Reinhardt Erwee (Shimlas t Oud-Greys - 4/8/11).


Grootste oorwinnings

(+100)


Spanne wat seges met 100 punte of meer behaal het (in die volgorde van sege met punte; telling; drieë vir, drieë teen, spanne, datum, plek en liga): .

.

171 - 171-0 (25-0): Shimlas kl Collegians I op 11/5/2019: Shimlapark (Vrystaat-uitdaagbeker).

140 – 146-6 (drieë: 22-0): Shimlas klop Oud-Greys: 4/8/2011 - Shimlapark – Cheetah-liga.

136 – 141-5 (25-1): Shimlas klop Collegians: 1996 – Stadsbeker.

130 - 130-0 (20-0): Oud-studente kl Collegians: 8/6/93 - Oud-studente - Stadsbeker.

126 - 126-0 (23-0): Weermag kl Oud-Greys: 17/4/82: Stadion - Stadsbeker.

125 - 125-0 (19-0): Oud-Greys kl Collegians: 5/6/93 - Oud-Greys - Stadsbeker.

117 - 117-0 (19-0): Shimlas kl Collegians 22/4/95 - Ramblers - Stadsbeker.

114 - 114-0 (17-0): Technikon kl Transkei Technikon: 5/7/93: Ikeys - SA Technikon-toernooi.

113 – 127-14 (19-2): Irawas kl Collegians I op 4/5/2019: UV 3-veld (Vrystaat-uitdaagbeker).

107 - 110-3 (20-0): Shimlas kl BOK/Technikon: 28/4/84: Stadion - Stadsbeker.

106 – 113-7: Shimlas kl Schoemanpark (1994) – Stadsbeker.

106 (109-3): Shimlas kl Oud-Greys: 2002 – Stadsbeker.

105 – 105-0 (16-0): Shimlas kl Collegians (1996) – Stadsbeker.

104 - 104-0 (19-0): UV (o.20) kl Glen (o.20): 22/4/1974: Springbokpark - Onder 20-liga.

101 - 108-7 (17-1): Shimlas kl Schoemanpark: 28/5/1994: Schoemanpark - Oorkruisliga.

100 - 100-0 (19-0): UV (o.20) kl Collegians (o.20), Uitenhage: Pelliespark - Vriendskaplik.

100 – 110-10 (18-1): Shimlas kl Mangaung I op 4/5/2019: Shimlapark (Vrystaat-uitdaagbeker).


Below please find the results for Saturday, 18 May 2019:

Share this article: